Dit was gisteraand die première van die Afrikaanse romantiese avontuurfliek Pad na jou hart in Fourways, Johannesburg. En dié bekendes het omtrent uitgehang met hulle formele aanddrag.

Alle foto's deur Phyllis Green

Die mooiste rokke

IMG_2149 Donnalee Roberts het een van Angelique Gerber se rokke gedra. Sy en Ivan Botha speel die hoofrolle in Pad na jou hart

IMG_2112 Lourene Liebenberg (links) wat die geleentheid gewen het om saam met Angelique Gerber (middel) die geleentheid by te woon in een van Angelique se rokke. Angelique het ook eie ontwerp gedra.

IMG_2161 Anel Alexander saam met haar man, James. Sy is in die kol met die uitknip-detail en deursigtige materiaal.

IMG_2155 7de Laan se Corné Crous (Kim Conradie) en Hildegardt Whites (Bonita Meintjies)

IMG_2145 Die altyd-beeldskone Bertha le Roux saam met SARIE se Fanie Cronjé

IMG_2124 7de Laan se Simoné Nortmann (Nadia Croukamp) en Bouwer Bosch

Al die bekendes

Blaai deur ons galery om al die bekendes op dié glansgeleentheid te sien.

Alle foto's: Phyllis Green