Die romantiese geur van roos is gemaak vir die tropiese smaak van suikersoetaarbeie.

genoeg vir 8

• 400 g aarbeie, gehalveer

• 300 g (375 ml) suiker

• 150 ml water

• 25 ml roosstroop

• 1 kg gebreekte ys

• 2 liter limonade

Plaas aarbeie, suiker, water en roosstroop in middelslagpot en bring tot kookpunt. Laat prut vir 5 – 8 minute of tot vloeistof met ? verminder het. Verwyder van hitte en laat afkoel. Verwerk tot puree met staafmenger. Plaas ys en koue stroop in groot ponsbak. Gooi limonade oor en meng liggies deur. Sit voor.