Verbruikers soek vandag waarde vir geld as hulle rygoed koop. Dit beteken hulle kyk na ruimte, gemak en veiligheid. 5 mense pas gemaklik in die 1.6 liter-sedan, daar's heelwat plek in die kattebak, die uitsig is goed danksy groot elektriese vensters en brandstofverbruik (7.2 liter/100 km) pas die meeste van ons se beursies. Die Logan het kragstuur, 5 ratte en lugversorging. Dit sluit met afstandbeheer en vir veiligheid is daar 'n lugsak vir die bestuurder ook, asook ABS-remme en remhulp.
Die prys: R112 000.