Candice Swanepoel is al sewe jaar in die modebedryf en is een van die wêreld se top-10 modelle wat inkomste betref. Katryn Kruger is egter nog vars in die modebedryf, maar is aangewys as een van die top-10 nuwe gesigte om dop te hou. Altwee het al saam met gróót name gewerk en beide het hulle op die jong ouderdom van 16 gevestig in die bedryf.