Elke jaar kies Arise-tydskrif vyf ontwerpers van Afrika om hul talent by die Mercedes-Benz Modeweek in New York ten toon te stel. Gavin Rajah was een van hierdie gelukkige ontwerpers.

Die verrigtinge het op 6 September in New York  afgeskop met meer as 200 ontwerpers wat oor agt dae hul ontwerpe vir somer 2013 aan die wêreld bekend stel. CNC-nuus het die volgende gesê oor Gavin se reeks, wat op die eerste dag vertoon is: "Gavin Rajah's Luminescent Luxury Collection brought a colourful trip to the vibrant African continent on the opening day."

Sy reeks vir somer 2013 is vroulik met helderpienk en hope blomme en patrone met pragtige melkwit kant. Kralewerk het items versier wat die reeks 'n selfs meer luukse gevoel gegee het. Absoluut ongelooflik!

Selfs kortbroeke het geskitterDie aandag op detail is ongelooflik