Dis presies 11 dae voor die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi op 11 Junie afskop. Oral kan SA vlaggies op motors en in kantoorvensters gesien word. Ook SA ontwerpers tel opgewonde die dae af en party het spesiaal uitrustings ontwerp vir ondersteuners. Daar is ook bykomstighede soos borsspelde (vanaf R75) vir diegene wat iets meer subtiels soek. Vir meer inligting, besoek www.safashionweek.co.za.

Klik hier vir die agter-die-skerms-video: