Michelle McLean, Tammy-Anne Fortuin, Lindiwe Suttle, Larry Cohen, Mark Bailey, Gina Athens, Janez Vermeiren, and Liezel van der Westhuizen was almal daar.

Op die 4de Desember was swart die baas by 'n luukse villa in Clifton, Kaapstad. VIP's en celebs het die eksklusiewe mode-vertoning van BOSS Black se Lente/Somer-versameling bygewoon.

Volgens Andrea was dit 'n aand van glans verleen deur van ons mooiste bekendes. Swart is tydloos, klassiek en sal elke jaar mode wees Swart maak nie 'n terugkeer nie - dis altyd daar. En hoe dan anders? Swart staan altyd uit, dit tref die oog en soos ons almal weet, laat 'n swart uitrusting jou skraler vertoon. Dis daar vir die dag dat jy nie weet wat om aan te trek nie. Kyk net so!

Celebs by die Boss Black-partytjie

Tammy-Anne Fortuin Tammy-Anne Fortuin sjiek in swart. Sy dra Boss Black se nuwe versameling
Janez Vermeiren en meisie, Juliana Vasconcelos
 
Bo: Top Billing aanbieder en eienaar van Full Circle model management, Janez Vermeiren en sy meisie Juliana Vasconcelos