Die eerste aand in die voorste ry by SA Modeweek was vir Saartjie 'n fantastiese aand.

SAARTJIE hastag

Die eerste aand het regtig goed afgeskop met belowende jong talent vir die SAFW Renault New Talent Search. Vyf jong ontwerpers het ons behoorlik bekoor met die interessante speel van tekstuur en slim ontwerpe. Soos hulle sê, daar kan net een wenner wees - en dit was die ontwerpers-paar Wake. Hul ongelooflike reeks met 'n moderne nomade-gevoel was perfek afgerond met hulle slim keuse van musiek.

Ek moet wel ook vir Jenevieve Lyons noem. Ek was baie beïndruk met haar 3D-panele.

Dan kan ek vir seker sê dat Black Coffee se nuwe reeks BLACK by Black Coffee die hoogtepunt van die aand was. Ek was absoluut gaande oor sy patrone. En jong, is daar nou 'n jassie wat my naam skree ...

Black Coffee se somerreeks is tans beskikbaar by SARIE se aanlynwinkel binne spree.com

Gert-Johan Coetzee het besluit om sy Herfs/Winter 2015-reeks op te dra aan al die HIV-lyers. Hy het twee patrone in sy reeks gehad. Die een patroon is 'n polkakol-weergawe van hoe die virus onder die mikroskoop lyk. Die ander patroon wat hy gebruik het, was diamantvormig - dít stel die skild (shield) voor wat jou teen HIV beskerm. Sy reeks was besonder elegant en het die vroulike liggaam se kurwes beklemtoon. Gert-Johan Coetzee se somerreeks is tans beskikbaar by SARIE se aanlynwinkel binne spree.com .

Kyk na die gallery vir die volle reeks van elke ontweper.