Die SAG-toekennings is jaarliks ’n goeie aanduiding van wat by die Oscars gaan gebeur - nie net wie die toekennings gaan wen nie, maar ook wie die Groot Aand se mode-wenners gaan wees. Ons het ons 3 inspirasie-rokke by die SAG-toekennings gekies.

FOTO: Gallo Images / Getty Images Claire Danes FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images Lupita Nyong'o FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images Kelly Osbourne FOTO: Gallo Images / Getty Images

Blaai deur ons galery vir nog rokke van die SAG-toekennings:

Die wenners

Die SAG-pryse, meer as enige ander toekenningseremonie, is ’n baie goeie aanduiding van wat op Oscar-aand (2 Maart) gaan gebeur. Sedert 2003 het elke SAG Beste Akteur ook die Oscar gewen en 5 uit die laaste 6 Beste Ondersteunende Akteur-wenners by die SAG's het ook met die Oscar-beeldjie weggeloop. En sedert 1990 het net 3 Beste Aktrise-wenners van die SAG's nié die Oscar gewen nie!

Buiten dié rekord, meen rolprentkenners dat ons dalk vanjaar ’n paar verrassings by die Oscars kan sien omdat die kompetisie so sterk is. Wat dink jy? Gaan die volgende SAG-wenners ook ’n Oscar huis toe neem?

Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.09 AM Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.25 AM Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.38 AM

Beste Akteur: Matthew McConaughey, Dallas Buyers Club | Beste Aktrise: Cate Blanchett, Blue Jasmine

Beste Akteur in Ondersteunende Rol: Jared Leto, Dallas Buyers Club | Beste Aktrise in Ondersteunende Rol: Lupita Nyong'o, 12 Years a Slave

Beste Rolverdeling: American Hustle

Sien die volledige lys wenners HIER.