Daar was 'n hele paar stylwenners op die rooi tapyt van die Screen Actors Guild Awards, maar daar was ook diegene wat ons laat wonder! Wat het jy gedink?

Blaai deur ons galery om te sien hoe die rokke gelyk het.

Kyk na die rooitapyt-rokke van die Golden Globes hier.

Die wenners

Die SAG-toekennings, meer as enige ander toekenningsgeleentheid, is ’n baie goeie aanduiding wat op Oscar-aand (2 Maart) gaan gebeur. Sedert 2003 het elke SAG Beste Akteur ook die Oscar gewen en 5 uit die laaste 6 Beste Ondersteunende Akteur-wenners by die SAGs het ook met die Oscar-beeldjie weggeloop. En sedert 1990 het net 3 Beste Aktrise-wenners van die SAGs nie die Oscar gewen nie!

Buiten dié rekord, meen rolprentkenners dat ons dalk vanjaar ’n paar verrassings by die Oscars kan sien omdat die kompetisie so sterk is. Wat dink jy? Gaan dié SAG-wenners ook met die Oscar huis toe gaan?

Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.09 AM Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.25 AM Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.38 AM

Beste Akteur: Matthew McConaughey, Dallas Buyers Club | Beste Aktrise: Cate Blanchett, Blue Jasmin 

Beste Akteur in Ondersteunende Rol: Jared Leto, Dallas Buyers Club | Beste Aktrise in Ondersteunende Rol: Lupita Nyong'o, 12 Years a Slave

Beste Rolverdeling: American Hustle

Sien die volledige lys wenners HIER.