Perfekte bykos met ekstra geur van sampioene by.

genoeg vir 6

  • 8 middelslag-aartappels
  • 250 ml room, louwarm
  • 55 g (60 ml) botter
  • 45 ml olyfolie
  • 250 g bruin sampioene, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Skil aartappels en sny in groot blokke. Plaas in groot pot met water en kook tot sag en gaar. Dreineer en voeg room en botter by. Maak goed fyn met aartappeldrukker tot mengsel roomsag is. Verhit olie in pan en braai sampioene vir 5 – 8 minute of tot gaar. Voeg by aartappels en meng. Geur goed met sout en peper.