DIT HET JULLE GESÊ

Sophia: "Nouja tot die naweek het meeste nog saam met arme Amor geglo dit is nie Joost nie, maar in hierdie artikel wat ten minste reeds twee maande terug geskryf is word vrae aan haar gestel en antwoord sy vrae oor Joost en die video. Nou hoe het Sarie toe geweet dat Joost teenoor haar gebieg het? Of het sy hulle gekontak met hierdie soetsappige inligting. Niemand sal weet nie maar mense iemand maak van ons ape."

Anne-Marie: "Ek kan nie glo Sarie sit alweer vir Amor op hul voorblad nie."

Anelle: "Ek wil net my stem voeg by diegene wat teleurgesteld is in die SA Media wat "inkoop" in hierdie paartjie se bemarkingsfoefies. Ek het nog altyd gekies om tydskrifte soos Sarie te koop, omdat dit nie die "Huisgenoot" of "Heat" tipe tydskrif is wat bloot sensasie verkoop nie. En nou lyk dit my Sarie is besig om dieselfde oppervlakkige paadjie te loop. Beide die media en die paartjie is besig om heerlik geld te maak uit die "seerkry" ervaring en ek is bitter teleurgesteld dat Sarie by die sirkus aangesluit het. Ek koop al vir meer as 10 jaar elke maand die Sarie getrou, maar die tydskrif sal beslis nie weer in my inkopie mandjie beland nie."

EN JULLE HET SARIE VERDEDIG

Liesl Hugo: "Ek ken nie vir Joost of Amor nie...so oor hulle gaan ek niks se nie. Maar ek gaan opkom vir my vriendin SARIE wat nie veroordeel moet word oor sy iemand se siening wil deel nie. SARIE jy is altyd daar vir my as ek jou nodig het, so my vriendin jy is eerste op my inkopielys."

Petro: "Aan die wat nie Sarie wil koop nie dit is julle besluit, maar Amor en Joost Sage is 'n Spieel om na te kyk vir baie mense.."

Cobus Pretorius: "Aan elkeen van julle wat vir Amor en of vir Joost sterkte toewens en vir haar/hulle bid, well done. Vir die van julle wat so slim is om vir Amor te vertel Joost gaan nooit verander nie en veral vir die wat Joost oordeel omdat hy nou "die geloofskaart" speel, komaan julle, word wakker. Dit is ons mense wat hierdie mense ophemel. Dit is ons wat van Joost 'n held gemaak het en wat gejuig het toe hy 'n baie groot aandeel in die 1995 wereld beker oorwinning gehad het. Dit is ons wat Amor se CD's koop of die Sarie lees omdat haar storie nou weer daarin is. Hierdie mense is en sal altyd vanwee hulle bekendheid ONGELUKKIG (vir hulle en gelukkig vir ons sensasie soekers) altyd in die limelight wees, maar ons moet besef hulle is ook mense met foute en het ook 'n kans om te probeer regmaak wat verbrou is. En hier kom my geloofskaart. As jy jouself enigsins as 'n Christen beskou, hoe kan jy 'n oordeel vel oor iemand se ware berou al dan nie en hou op om te dink jy kan names God besluit oor vergifnis."

MICHÉLLE VAN BREDA ANTWOORD
Amor was in September 2000 laas op SARIE se voorblad. Dis nege jaar gelede. Intussen het haar profiel baie verhoog met optredes (ook by Skouspel), nuwe CD’s, en dies meer. Sy is ook iemand oor wie mense praat en van wie hulle meer wil weet en dis juis súlke bekendes wat ons op SARIE se voorblad sit. Ons het in Junie vanjaar ‘n artikel met Amor gedoen en wou haar toe op die voorblad gebruik, maar ons en haar tydskedule het nie uitgewerk nie. Ons het tóé reeds besluit op 'n Desember-voorblad en 'n artikel oor die lewenslesse wat sy in dié moeilike jaar geleer het. Intussen het Amor se situasie verander, daar was onthullings deur Joost, en ons het haar die geleentheid gegee om haar kant van die saak te stel. Dis iets wat SARIE graag vir mense doen, veral vir vroue. SARIE betaal ook nooit bekendes vir voorblaaie of artikels nie.