Hierdie week gaan iets opwindends gebeur! Ons gaan almal sáám ’n gedig skryf. 

Ons het die eerste reël Maandag (5 September) op Facebook geplaas en julle het die tweede reël geskryf. Die reël met die meeste 'LIKES' word gekies en dan vra ons julle om die derde reël te skryf, ens.

Liebet Pretorius se eerste én tweede voorstel het die meeste LIKES gekry. Crystelle Ackermann se voorstel vir die vierde reël het 'gewen'. Só lyk ons gedig nou:

Sy klink soos lente

moeder aarde betaal alweer die mensdom se rente

Sy ruik soos reën

En weet dit is alles net aan haar geleen, die aarde, ’n reuse seën.

Gee jóú voorstel op Facebook vir ons vyfde reël.

Neem deel en wees deel van ons SARIE.com-gedig!

FOTO Unsplash FOTO Unsplash

Teen die begin van volgende week sal ons kan sien hoe ons SARIE.com-gedig lyk.

Intussen kan jy wys hoe lyk jóú Afrikaans op afrikaans.com en jy kan tot R10 000 wen!

Selfie 1667 × 833