A. DIREK OP ZINIO

Wat is Zinio? Zinio is die wêreld se grootste digitale 'tydskrifrak'. Hier kan jy digitaal inteken op tydskrifte en dit op jou rekenaar, e-leser of op jou iPhone lees.

1. Gaan na www.zinio.com. Registreer indien jy nog nie voorheen ander digitale tydskrifte daar gekoop het nie. As die webblad gelaai het, maak seker dat jy Suid-Afrika as jou land gestel het. Daar sal 'n Suid-Afrikaanse vlag in die regter boonste hoek van die webblad wees.

2. Soek SARIE sodra jy aangemeld het. Klik op die voorblad van jou keuse. As jy slegs een uitgawe wil koop, klik op 'buy this issue' links onder op die blad.

Indien jy belangstel in 'n 12 maande-intekening, moet jy direk na 'add to cart' gaan.

3. As jy tevrede is met jou keuse, klik op “proceed to checkout” om te betaal. Jy kan met jou Mastercard, Visa of Zinio-geskenkkaart koop. Betalings op Zinio is veilig.

5. Laai dit in jou Zinio-biblioteek af.

Vir Zinio-hulp, sien 'vrae wat pla hieronder' of klik vir 'Zinio Help'.

WAAR VIND JY DIE UITGAWE WAT JY PAS OP ZINIO GEKOOP HET?

1. Meld aan op Zinio met jou unieke aanmelddetails.

2. Gaan na 'my library' links bo op die blad.

3. Vind die voorblad van die tydskrif wat jy nou digitaal wil lees.

4. Klik en die Zinio-leser sal op jou rekenaar of e-leser oopmaak met die spesifieke uitgawe.

KOOP NOU OP ZINIO!

Lees SARIE en SARIE KOS op jou iPad, Mac of PC.

SARIE Maart 2011

* Digitale jaar-intekening vir SARIE

* Koop die huidige SARIE-uitgawe

* Die huidige SARIE voorskou

* Vorige SARIE-uitgawes

SARIE KOS Somer 2010/2011

* Digitale jaar-intekening vir SARIE KOS

* Koop die huidige SARIE KOS

* Die huidige SARIE KOS-voorskou

* Vorige SARIE KOS-uitgawes

Jou gunsteling-tydskrif soos jy dit ken!SARIE nou ook op jou rekenaar

 

KYK OOK DIE STAP-VIR-STAP-VIDEO VAN HOE OM ZINIO TE GEBRUIK

B. OP KALAHARI.NET

1. Gaan na www.kalahari.net. Registreer indien jy nog nie voorheen daar gekoop het nie. Maak seker dat jou e-pos-adres en aanmeld-details is dieselfde op kalahari en Zinio.

2. Soek jou SARIE onder “digital downloads”.

3. Klik op 'eMagazines'. Soek die uitgawe van jou keuse en klik op 'add to basket'. Van hier klik jy op 'to checkout' om uiteindelik die betaling te doen. Kies jou betalingsopsie. As jou betaling suksesvol was, sal jy na 'n bestelbevestigingblad gelei word waar jy dan op jou 'LibraryBox' moet klik om uiteindelik jou uitgawe op rekenaar of jou e-leser af te laai.

4. Sodra jy klik om af te laai, sal jy na Zinio geneem word. Jou rekenaar het Flash 10 en Zinio Reader 4 nodig om te kan 'lees'.

NOG VRAE WAT PLA:

 
* Wat kos dit? Op Zinio kos 'n 12 maande-intekening R245,61 of R29,95 vir ’n enkel-uitgawe van SARIE. 'n Enkel-uitgawe van SARIE KOS kos R28,09 en 'n jaar se intekening R96,07. Op kalahari.net kos 'n 12 maande-intekening op SARIE R280,00 en 'n enkel-uitgawe R27,95.

* Hoekom is dit nie báie goedkoper as die gedrukte tydskrif nie? Hoewel daar nie ink en papier betrokke is nie, is daar wel aansienlike digitale koste.

* Ek sukkel om my digitale uitgawes wat ek reeds afgelaai het op kalahari.net te vind! Klik op 'Where is my order?" onder Quicklinks in die navigasiestrook aan die linkerkant van jou kalahari.net bladsy in die 'digital downloads'-seksie.

* Hoe lees ek my digitale tydskrif op iPad? Laai eers die Zinio Magazine Newsstand & Reader-applikasie vanaf die App Store op jou iPad af. Sodra jy jou Zinio-rekening oopgemaak het, sal jy al jou digitale tydskrifte wat op iPad gelees kan word, in die biblioteek van dié applikasie vind.

* Hoe verwyder ek 'n publikasie in Zinio? Klik op 'edit' aan die linkerkant en weer op 'remove' om die uitgawe te verwyder. As jy dit weer in jou biblioteek wil bêre, kies 'My Removed Magazines' of 'My Removed Books' in die 'view'-navigasie en klik op 'restore'.

* Hoe kanselleer ek 'n Zinio-intekening? Stuur 'n e-pos na Zinio Customer Support en Zinio sal jou met jou kansellasie help.

* Hoe verskil e-SARIE en sarie.com? e-SARIE weerspieël die presiese uitleg, kopie en foto’s van jou gedrukte weer-gawe, maar alle web- en e-posadresse is “lewende” skakels. sarie.com is ’n webtuiste waar jy die nuus kan lees soos dit gebeur. Hier kan jy ook met ander SARIE-gebruikers gesels.

Hoekom is ons opgewonde oor digitale SARIE?

 

* Die iPad, e-lesers (e-readers) en soortgelyke tablette is besig om die wêreld te oorrompel. Jy sal nie glo hoe top-tydskrifte behoorlik “lewe” kry op dié toestelle nie.

* Die dae van duur oorsese intekengeld is verby. Oorsese lesers betaal dieselfde vir hul digitale SARIE as plaaslike lesers.

* Jy kan inzoem as die skrif vir jou te klein is.

* Jy hoef nie van winkel tot winkel te loop om jou tydskrif te kry nie, en dis nooit uitverkoop nie.

* Alle web- en e-posadresse in die teks is “lewende” skakels waarop jy kan klik, wat sorg vir ’n interaktiewe ervaring.
 
* Sodra jou e-tydskrif eers in jou Zinio-biblioteek is, kan jy dit op meer as een toestel laai.  

* Jy kan jou gunsteling-SARIE-tydskrif enige tyd, enige plek op jou skootrekenaar, rekenaar of op jou e-leser oopmaak en lees.