WAT HET JY NODIG?

* toegang tot die internet
* e-posadres
* rekenaar en/of e-leser

DAAR IS 2 MANIERE OM IN TE TEKEN/TE KOOP
(Jy kan 'n enkele uitgawe of 'n jaar se intekening koop.)

A) Direk op Zinio
1. Gaan na www.zinio.com. Registreer indien jy nog nie voorheen ander digitale tydskrifte daar gekoop het nie.
2. Gaan hierheen om jou SARIE af te laai.

VRAE WAT PLA

Hoekom is dit nie báie goedkoper as die gedrukte tydskrif nie? Hoewel daar nie ink en papier betrokke is nie, is daar wel aansienlike digitale koste.

Hoe verskil e-SARIE en sarie.com? e-SARIE weerspieël die presiese uitleg, kopie en foto’s van jou gedrukte weer-gawe, maar alle web- en e-posadresse is “lewende” skakels. sarie.com is ’n webtuiste waar jy die nuus kan lees soos dit gebeur. Hier kan jy ook met ander SARIE-gebruikers gesels.

HOEKOM IS ONS OPGEWONDE HIEROOR?

* Die iPad, e-lesers (e-readers) en soortgelyke tablette is besig om die wêreld te oorrompel. Jy sal nie glo hoe top-tydskrifte behoorlik “lewe” kry op dié toestelle nie.

* Die dae van duur oorsese intekengeld is verby. Oorsese lesers betaal dieselfde vir hul digitale SARIE as plaaslike lesers.

 * Jy kan inzoem as die skrif vir jou te klein is.

 * Jy hoef nie van winkel tot winkel te loop om jou tydskrif te kry nie, en dis nooit uitverkoop nie.

* Alle web- en e-posadresse in die teks is “lewende” skakels waarop jy kan klik, wat sorg vir ’n interaktiewe ervaring.
 
 * Sodra jou e-tydskrif eers in jou Zinio-biblioteek is, kan jy dit op meer as een toestel laai.  

* Jy kan jou gunsteling-SARIE-tydskrif enige tyd, enige plek op jou skootrekenaar, rekenaar of op jou e-leser oopmaak en lees.