Ek wou gaan kyk of my jonger broer, Marthinus, wat in ’n motorongeluk gesterf het, nie dalk nog leef en miskien dáár is nie – hy het voor sy dood ’n ruk lank bome geplant op ’n plaas net buite Edinburgh. Dit was twee jaar gelede oor die Kerstyd vir my ’n soort pelgrimstog. Die onwerklikheid van die trauma ná sy dood het vreemde emosies in my wakker gemaak. Nodeloos om te sê het ek hom nie gevind nie. Op pad terug van Skotland het ek Windermere, in die noorde van Engeland, besoek. Op ’n koppie wat oor die hele Merestreek uitkyk, het ek besef hy is regtig dood. Iets het op daardie oomblik by my gekliek. Dalk het ek toe vir die eerste keer sy dood verwerk, of dalk het ek toe besef wat lewe en dood werklik beteken. Ek lewe, hý nie.” - Fanie Cronjé, sosiale- en stylredakteur Fanie in Windermere, Engeland
*  Vir nog nostalgiese reise deur SARIE-redaksielede, klik hier.