Kommentaar op "Ek het my baba laat aanneem":

"Ek wil net graag vir alle aangenome kinders een ding sê - julle is aan julle aanneem-ouers die grootste geskenk wat hulle ontvang het. Ek weet julle sit met vrae sonder antwoorde. Ek het self vrae. Ek sit hier, 'n 28-jarige, gelukkig getroude vrou wat nie kan kinders hê nie. Oral om my sien ek swanger vrouens, al my vriendinne en vrouens in my familie het kindertjies - dan wonder ek hoekom dit met my moet gebeur? Dit klink selfsugtig, ek weet, maar hoekom sien ek dan ook sommige arm mense wat hulle kinders gebruik om te bedel. (En dan het hulle stringe kinders!) Of wrede mense wat hulle eie kinders mishandel en vernietig?" - Elsabe, sarie.com-gebruiker

Lees die res van Elsabe en ander sarie.com-gebruikers se stories