Die fees vind op 6 en 7 Oktober plaas en bied prettige aktiwiteite vir die kleingoed en ’n verskeidenheid van disse spesiaal voorberei deur The Eatery, van oesters en soesji tot voetlange boereworsrolletjies, kaasborde, piekniekmandjie asook snoeperye vir diegene met ’n soet tand. Proe Durbanville Hills se jongste sauvignon blancs, asook dié van ander kelders in die vallei terwyl jy ontspan op die grasperk en in die koelte van die olyfbome. Vir diegene wat daarin belang stel om ’n wynproe onder leiding van die Kaapse Wynakademie by te woon, sal dié instelling vir die duur van die naweek 'n aantal gratis proeë aanbied. Aan die einde van die Saterdag se bedrywighede sal Durbanville Hills die toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland op ’n groot skerm in die verouderingskelder vertoon waar jy ook wyn direk uit die vat sal kan proe terwyl jy die wedstryd dophou wat om 17:00 afskop. En om seker te maak jy keer veilig terug huis toe, sal Scooter Angels teenwoordig wees om diegene wat van hul dienste gebruik wil maak, huis toe te vergesel. Datum: 6 en 7 Oktober Tyd: Saterdag, 10:00 – 18:00 (die verouderingskelder sal oop wees vir die rugby van 17:00 – 20:00) Sondag, 10:00 – 17:00 Bespreking: Piekniekmandjies moet vooraf bespreek word. Kontak Hanlie Campher by hcampher@durbanvillehills.co.za of 021 558 1300 Toegang is gratis en jy kan jou eie komberse en stoele saam bring. Daar sal lewende musiek op sowel die Saterdag as die Sondag wees. The Eatery sal op albei dae oop wees vir ontbyt en middagete en ’n à la carte-somerspyskaart met spesiale Seisoen van Sauvignon-eetgoed aanbied. Vir meer inligting, kontak Laura Carswell op (021) 558 1300 of stuur ’n epos aan lacarswell@durbanvillehills.co.za.