Dié seep is nie net mooi en stylvol nie, maar baat boonop die omgewing en help bejaardes. Die NOAH-projek herwin weggooiseep en leer bejaardes van die township Khayelitsha buite Kaapstad hoe om nuwe seep daaruit te maak en op hul oudag só ’n inkomste te verdien. ’n Wen-wen-plan vir Afrika. Vir meer inligting, besoek www.noah.org.za