Ons het 4 jaar gelede Brisbane toe getrek. Ons het hierdie "Afrika hoekie" (een van vele) in die huis. Die 4 skilderye bymekaar aan die een kant is my eie werk, en die groen skildery is deur die Suid Afrikaanse kunstenaar, Nelson Makamo (ek het laasgenoemde gekoop toe ek in Desember in Suid Afrika was.) Ek is mal oor die hoekie in my huis, want dit vertel n storie...elke voowerp is op n ander plek gekoop...die vroue is by Hartbeespoortdam gekoop, die kerse en die kameelperd (alhoewel dit baie "Afrika" is, het ek op n vlooimark in Australie gekoop)Ek kan nie help om te glimlag as ek hier verbyloop nie....

Sien ander hoekies/vertrekke