Die natuur en organiese elemente is die inspirasie agter Shimansky se nuutste reeks juwele, wat bestaan uit halsnoere, ringe en oorbelle.  Elkeen is gemaak van 18K witgoud, en is of van rare roos-vorm diamante, of briljante ronde-vorm diamante gemaak. Iedere item spog met 'n versameling kleure vanaf natuurlik tot spoggerig-kleurvol. 

Roosvormige diamante was vroeër jare baie skaars en meestal te siene by antieke winkels, maar diè snit diamant word al hoe meer populer.  The basiese roos-snit diamant, het n plat basis, en 'n kroon bo-op wat bestaan uit 'n driehoekige faset in 'n simetriese rangskikking.  Die kom almal bymekaar uit om n punt te vorm, en is gewoonlik in n ronde opset.

Hierdie fantastiese nuwe reeks is volledig verkrygbaar by Shimansky in V&A Waterfront, en die nuut opgeknapte Clock Tower winkel.

Vir meer informasie besoek Shamnsky se webwerf by www.shimansky.com