Kleur plus gemak: dis Melissa!

Dié skoene van gevorderde plastiek is gemaak van 'n ??eko-vriendelike materiaal en 100% herwinbaar.

Die handelsmerk is oorspronklik van Brasilië en is besig om naam te maak in die Suid-Afrikaanse mark. Melissa-skoene is te kry by Nicci Boutique, ThreeJs Boutique, Toast and Co asook Black Coffee in die Kaap, plus uitsoek-winkels landwyd. Skakel 083 643 5617 vir inligting.