1. WYS BEEN Dra 'n kortbroek as jy nou regtig gemaklik wil wees, of dalk verkies jy 'n driekwartbroek. 'n Vlootblou-kortbroek tydens Wild Fig se somer 2010-reeks by die AFI-modeweek in Kaapstad. 2. VROLIKE VALLE Moulose tops en T-hemde is vol vroulike valle vir die somer. Vlootblou moulose top met val-detail (R199), Old Khaki.
Groottes: 6-16 Vlootblou moulose top (R199), Old Khaki
3. KAFTAN-KUNSIES

Die heel veelsydigste item wat jy kan inpak vir die vakansie. Dra dit bo-oor jou baaikostuum of selfs saam met jeans en 'n moulose top. Turkooise kaftan (R199), Queenspark.
Een grootte pas almal. Turkoois kaftan (R199), Queeenspark 4. GRIEKSE GODIN

In 'n lang maksi-rok met 'n Empire-lyn kan jy lekker in die middag uiteet, of trek plat sandale met kralewerk daarby aan vir 'n stylvolle aandjie uit. Godinrok van gedrukte sy-chiffon (R1 395), Hip Hop
Groottes: 30-40 Godinrok van sy (R1 395), Hip Hop 5. SON-SALIG Geniet die son op jou vel in swemdrag van jou keuse - 'n eenstuk of 'n bikini.

Koraalkleurige halternek-eenstuk (R1 365), Livia @ Banana Moon.
Groottes: 30-40
Swart-en-blou bikini met geruite patroon (R195), Turning Point.
Groottes: 30-40
Halternek-eenstuk (R1 365), Livia @ Banana Mooon Swart en blou bikini (R195), Turning Point
6. MOOI GROOT

Onthou, jou juwele moet groot genoeg wees dat mense dit kan sien. Met 'n paar bonkige oorbelle toor jy sommer vinnig-vinnig 'n uitrusting reg vit enige geleentheid. Turkoois krale-oorbelle (R349,95), Mango Turkioos krale-oorbelle (R349,95), Mango 7. IN DIE AANDBRIES

Vir daardie skielike koeler dae moet jy beslis jou denimbaadjie saamvat. Denimbaadjie (R799), Esprit
Groottes: 32-40 Denimbaadjie (R799), Esprit 8. OP JOU HOED

Hou die son van jou gesig af, waar jy ook al gaan. Die trilby-hoed bly tops en jy kan kies uit 'n wye verskeidenheid. Wit-en-blou trilby-hoed van strooi (R140), Foschini. Wit-en-blou trilby-hoed van strooi (R180), Foschini 9. LEKKER LOS

Die nuwe T-rok is 'n wenner onder oud en jonk. Vir 'n gemaklike, modieuse voorkoms, dra dit oor 'n spanbroek. Koraalkleurige T-rok van viskose (R245), JFK Woman.
Groottes: XS-XL Kolraalkleurige T-rok (R245), JFK Woman 10. SAK EN PAK Sonder 'n taankleurige of grys boodskappersak kan g'n meisie vakansie hou nie. Liggrys boodskappersak van kunsleer (R260), Foschini. Liggrys boodskappersak in kunsleer (R260), Foschini

11. SOKKIE STYL

Waag met wighakke en dra dit saam met sokkies op koeler dae. Oranje wighak van syl en kurk (R245), Queue. Oranje wighak (R245), Queue 12. GEMAKLIKE VOETE

Dié sandale is baie gewild by bekendes soos Sienna Miller. Turkoois stewewsandaal (R220), Queenspark.

Turkoois stewelsandaal (R220), Queenspark