Saartjie is lief vir denim, veral haar skinny jeans.

SAARTJIE love

Wat is ‘n kas sonder skinny jeans? Ek is gaande oor my denims en besit 'n hele paar skinny jeans - in 'n verskeidenheid kleure & afwerkings.

Nov 2014 denim DENIMDAE soos dit in SARIE se November 2014 uitgawe verskyn. Fotograaf: Amy Scheepers

Denim is nie meer net “casual wear“ nie. Skinnies kan jou uitrusting net soveel “gemakliker” en meer modieus laat lyk. Daar is ‘n groot  verskeidenheid skinnies beskikbaar op die mark, daarom kan jy lekker kreatief raak. Moenie bang wees vir geskeurde denims, of selfs die skinnies met aanlas-lappies op, nie. Jy kan jou uitrusting verder opkikker deur met kleure, patrone en skoene te speel.

Denim uitrusting 1 Gemaklike modieuse uitrusting vir die seisoen

Die groot vraag is: Hoe dra ek my skinny dié somer? Wel, ek gaan vir jou ‘n bietjie tips gee ...

Ek is gaande daaroor om ‘n wit top, hemp of selfs T-shirt  by my skinny te dra met ‘n “statement”-halssnoer of oorbelle daarby. Die somer is sliders (aanglip-sandale) hoogmode, kry vir jou ‘n paar kleurvolle of selfs luiperdmotief-sliders. Die uitrusting kan ook verander word van informeel na formeel met ‘n paar blokhakke, 'mules' of punthakke.

Vir die dames wat ‘n bietjie “bewus” is oor die idee dat ‘n skinny als beklemtoon, het ek goeie nuus... Rokke oor ‘n skinny is weer hoogmode. Kry vir jou ‘n slooprok en dra dit oor jou skinny. Jy kan die uitrusting opkikker met juwele of self ‘n fedora of ‘n bonkige “statement”-halssnoer. Jy kan die uitrusting up-dress of down-dress deur net ander skoene aan te trek: van gemaklik na ‘n paar hakke, of andersom.

Uitrusting 2 Rok oor 'n skinny

Dit gaan dié seisoen oor kreatiwiteit en bykomstighede kan jou denim-uitrusting maak of breek. Skaf vir jou ‘n paar sliders, birks, tekkies, mules (aanglip-skoene), blokhakke en puntskoene (hakke of pumps) aan.

Speel ook rond met die pype om jou look te verander. Rol die pype op of nie.

Geniet dié somer met die gemak van denim.

Kyk hier vir 'n verskeidenheid skinnies wat jy aanlyn kan koop: