Tyd met Tapas

Laat jou gaste vergeet van tyd met n verskeidenheid klein bakkies kos, warm en koud, en daarby heerlike, vars brood. So n peusel-ete is sakpas en gemaak vir kuier.

Verras jou gaste met spanspek wat in n riffelpan gebraai is met ons Slaai met gebraaide spanspek en ham

8 –10 porsies

• 30 ml olyfolie

• 1 groot spanspek, pitte verwyder en in skywe gesny

• 60 g roketblare

• 70 g (10 repies) parma-ham

• 250 g vars mozzarella (bocconcini)

• 125 g winkel-basiliekruidpesto

• hand vol vars basiliekruid

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit riffelpan tot vuurwarm – die rook moet letterlik daaruit draai. Sprinkel olyfolie oor spanspek. Sit skywe in warm pan en braai 5 – 8 minute per kant of tot goudbruin. Plaas op opdienbord. Sprinkel roketblare oor. Pak ham tussenin. Breek mozzarella-balle in kleiner stukke en plaas ook op bord. Skep pesto oor en sprinkel vars basiliekruidblare bo-op. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.

Slaai met gebraaide spanspek en ham Slaai met gebraaide spanspek en ham
FOTO Lee Malan

Om te drink: Tokara sauvigno Blanc

Edition SARIE Maart 2012 | Story Tyd saam met Tapas|Resep Slaai met gebraaide spanspek en ham