Ek het die eerste keer beet in ’n lemoensapmarinade by die bekende

sjef en radiopersoonlikheid Jenny Morris geëet. Dit was hemels, en hier is my weergawe.

genoeg vir 6

  • 24 groot bete, geskil
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 15 ml heuning
  • 30 ml korrelmosterd
  • sap en skil van 1 lemoen
  • 200 ml vars lemoensap
  • 30 ml rooiwynasyn
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50 g slaaiblare van jou keuse
  • 6 wiele fetakaas

Plaas beet in groot mikrogolfbestande bak. Gooi 250 ml kookwater by en maak bak toe met mikrogolfbestande kleefplastiek. Verhit in mikrogolfoond op Hoog vir 15 – 20 minute of tot

beet sag en gaar is. Terwyl beet kook, meng res van bestanddele, behalwe slaaiblare en feta. Dreineer warm beet en plaas dadelik in lemoensapmengsel. Laat afkoel. Sit beet voor

op slaaiblare met feta. Skep van die marinade oor as slaaisous.