Navorsers bestudeer al jare lank stresverwante siektes en kom meestal tot dieselfde slotsom: Vakansies is noodsaaklik vir jou fisieke sowel as

emosionele gesondheid.

Studies wys jou bloeddruk, hartklop en streshormone soos epinefrien verminder ná net 'n dag of twee.
Dis geen verrassing dat vakansie jou stresvlakke verlaag nie. Maar navorsing wys ook 'n luilekker wegbreek het agterna steeds 'n positiewe uitwerking op jou stresvlakke: tot vyf weke lank!

Meer as die helfte van mense in die Air New Zealand-studie was 25% gelukkiger ná hul vakansie. En byna dieselfde aantal het aangedui hul stresvlakke het ook met 25% gedaal. Hulle het boonop meer energiek gevoel, beter gekonsentreer en makliker met ander gekommunikeer.
In nog 'n studie aan die Victoria Universiteit in Nieu-Seeland is gevind mense wat gereeld vir plesier reis, is gesonder en ly minder aan ernstige depressie. Volgens die navorsers gedy positiewe emosies as jy reis. Weer eens strek die voordele tot ná jou vakansie. 'n Vakansie kan 'n goeie tonikum wees as jy aan depressie ly, was hul kommentaar.