’n Brazilian Blowout

Dis ’n salonbehandeling wat krulle versag en hare meer reguit en beheerbaar maak. Die behandeling hou tot ?3 maande, maar net as jy haarprodukte gebruik wat nie natrium bevat nie, anders gaan die effek verlore. “Ek gebruik al vir jare die La-Brasiliana-formule vir dié proses en kliënte bly verstom oor die resultate – hare is dadelik glad en sag. Dié produkte lys ook die presiese bestanddele op die etikette,” sê haarstilis Shalene Shaer van Tanaz in Johannesburg.?* Die behandeling word professioneel by ’n salon gedoen en die proses duur sowat 2 uur. Pryse wissel tussen ?R1 500 en R3 000, na gelang van jou hare se lengte.

Vir alle hare?
Die resultaat hang van die haarsoort af. Sekere ?krulle is koppig, maar die behandeling sal wel die ?tekstuur verbeter en erge kroeserigheid beheer.