Hoe lyk jou trouman? Is dit genoeg dat hy lekker kan gesels en lag? Moet hy aantreklik wees, meer as jy verdien en die stoel vir jou uittrek?

"Ek glo in die uitdrukking first independence before meaningful interdependence. As twee sielsgenote mekaar op só 'n manier dien en ondersteun, is groei verseker. Rolle moet nou en dan omgeruil word sodat daar wedersydse waardering kan wees. Hy moet dieselfde soort mens wees as ek - geestelik en emosioneel - want dan kan hy my beter verstaan. Daar moet 'n aantrekkingskrag en wedersydse vertroue wees. Alles begin by jouself en by 'n gesindheid van gee." - Sonja Herholdt, sangeres.