"Die perfekte trouvrou is die een wat die perfekte man kry." - Theresa Bouwer "Die moderne trouvrou moet amper alles kan doen wat ons oumas kon, maar hulle moet ook selfstandig wees met 'n eie inkomste en motor, 'n eie eiendom kan net 'n pluspunt wees." - Christelle Van Der Merwe "Independant & selfverseker, maar erken haar swakpunte & is bereid om haar onafhanklikheid te deel." - Wendy Zeelie "Oor al hierdie deugde weet ek nie meer nie! Vandag se bruide kan Ouma-se-dinge definitief nie doen nie! Mans bly deur al die eeue in elk geval dieselfde. As die vroutjie vir hulle mooi is, vergewe hulle alles, selfs al kan sy nie knope aanwerk nie." - Alet Potgieter "Die ideale vrou vir enige man sal wees, die een wat hy onvoorwaardelik aanvaar met haar foute!" - Elize Verwaaij-Mare

"Die moderne vrou moet net haarself wees, almal is uniek en almal het foute. Nêrens kry jy 'n perfekte vrou nie. Soos elke pot het sy deksel. As die deksel pas is dit joune..." - Melissa Esteve

"Die moderne perfekte trouvrou is die een wat die regte man kan kies wat vir haar 'n maat sal wees vir altyd. Vir verskillende mense is verskillende dinge belangrik en goeie geselskap is belangriker as fisiese voorkoms." - Reinet Barnard **Lees wat die manne in jou Februarie-uitgawe van SARIE oor hul ideale trouvroute sê het

**Kom kuier by SARIE op Facebook en Twitter