Op 11 Julie 2010 word die gesogte sokkerbeker oorhandig aan die wenspan van 2010 se Sokker wêreldbeker. Al ooit gewonder hoe die gesogte trofee tot in Suid-Afrika gereis het - in styl natuurlik. Louis Vuitton maak al vir 150 jaar lank elegante en vindingryke handkoffers vir reisigers. Dié troffee-koffer is gemaak van Louis Vuittion se kenmerkende monogram seildoek (die LV-patroon) met geelkoper slot en hoeke. Op 1 Junie 2010 het bekendes soos Naomi Campbell die bekenstelling van hierdie troffee-koffer bygewoon.