Die Stellenbosch Vallei, geleë tussen die heuwels van die suid-westerlike dele van die streek, is die tuiste van menigte bekroonde wynplase, hotelle en restaurante insluitende Asara, Spier, Brenaissance, Zevenwacht, Jordan, Middelvlei, Devonvallei Hotel en Die Huis van JC Le Roux. Die diversiteit van die wynbestemmings in die vallei bied aan wynliefhebbers ‘n unieke wynervaring, aangesien hulle wissel van klein boetiek-produsente tot ikoniese landgoedere wat spog met talle plaaslike en internasionale toekennings vir hulle bekroonde wyne. Die Stellenbosch Vallei is ook gekroon as Suid-Afrika se beste wynarea met meeste van die top presterende wyne by die Novare SA Terroir Wyntoekennings 2012 wat vanaf hierdie gesogte stukkie wyn-paradys afkomstig is. Buiten uitsoekwyne, bied die 2012 Somer in Stellenbosch Vallei program allerhande familievermaak, onder andere interessante proeë, markte en selfs ‘n loslit braai-makietie of twee vir familie en vriende om die gasvryheid en poskaartmooi natuurskoon van die vallei te geniet. Van die hoogtepunte sluit in ‘n koninklike sesgang Kos & Wyn Fynproewersaand by Zevenwacht Landgoed op die 12de Desember waartydens die wynmaker van hul nuwe wyne en seldsame oesjare sal opdien met die sjef se glansgeregte. Die landgoed sal ook gedurende Somer in Stellenbosch Vallei besoekers trakteer met Sjokolade Truffel & Wyn Parings. Brenaissance nooi jou uit na hul nuwe Café Blanc de Noir eetplek vir ‘n interaktiewe Wyn & Pizza Aand op 13 Desember wanneer die landgoed se wyne meesterlik met ‘n keurspel tuisgemaakte pizzas voorgesit sal word. Met lewendige musiek, pizzas, bier en wyn wat gedurende die feestyd die smullus sal sus, is Brenaissance die perfekte plek om luilekker die voete te gaan opskop en jou kuier in die Wynland te verleng. Indien jy lus het vir ‘n gesellige opskop vir ‘n goeie doel, moet jy die dansskoene afstof en jou tafel bespreek vir die Dans & Aandete wat die Devonvallei Hotel ten bate van die Stellenbosch Dierewelsyn op 14 Desember gaan aanbied. Kaartjies kos R240 per persoon en sluit ‘n driegang-ete plus ‘n glas Sylvanvale wyn per gang in. Nog ‘n groot hoogtepunt is Asara se kleurvolle Pure Food Kersmark op 17 Desember met ‘n groot verskeidenheid unieke en seisoenale produkte van verskillende produsente. Met tafels wat sal kreun onder organiese groente, fynproewer worse, plaaslike kase en biere, is hierdie markdag ideaal vir daardie laaste paar Kersinkopies. Daar sal ook musiekvermaak en hope pret vir die kleinspan wees. Ander opwindende gebeure wat jy eenvoudig nie moet misloop nie sluit in skemerkelkies in die wingerde en safari-styl wingerdtoere by Jordan; wyn-en-sout parings by Die Bergkelder; Switserse lekkernye deur Bein Privaat Kelder; ‘n plaasmark by Dormershire en vonkelwyn-ervarings by Die Huis van JC Le Roux. Middelvlei sal families en vriende vermaak met hulle gewilde Boerebraai, Sonsak Kersliedere en ‘n Biefstuk Braai terwyl die kinders ‘n Inleiding tot die Wêreld van Wyn (‘n nie-alkoholiese ervaring!), boeresport en ‘n malvalekkerbraai sal kan geniet. Of jy nou die skoonouers wil beïndruk, jou oorsese vriende wil bederf, die kroos wil besig hou gedurende die skoolvakansie of sommer net ‘n slag van die malle gejaag van die feesseisoen wil vlug....Somer in Stellenbosch Vallei is jou kaartjie na die goeie lewe. Jy kan ook GROOT WEN! Jy staan die kans om ‘n kar se bagasiebak vol Stellenbosch Vallei wyne los te slaan indien jy tien oranje kolle gedurende die feestyd versamel – die kolle sal jy verdien wanneer jy in van die aktiwiteite op die program deelneem, wyne koop of by restaurante op die roete eet. Die volgende 16 landgoedere neem deel aan die 2012 Somer in Stellenbosch Vallei: Asara Wynlandgoed & Hotel Bein Privaat Kelder Bergkelder/Fleur du Cap Brenaissance Wynlandgoed De Morgenzon Dormershire Wynlandgoed Jordan Wynlandgoed Louisvale Wyne Middelvlei Mulderbosch Neethlingshof Wynlandgoed Spier Sylvanvale & Devonvallei Hotel Die Huis van JC Le Roux Vredenheim Zevenwacht Vir meer inligting oor die 2012 Somer in Stellenbosch Vallei skakel die Stellenbosch American Express® Wynroetes by Tel: (021) 886 8275, stuur ‘n epos aan events@wineroute.co.za of besoek www.wineroute.co.za. Jy kan ook Somer in Stellenbosch Vallei volg op Twitter @SBoschValley of Facebook.