Op Vrydag 27 April, Vryheidsdag, bied die 'Christian Hiking Network' 'n sonopkoms-erediens aan, 'Arise with the Son'. Ons vier ons vryheid in Christus só deur by die 'Noon Gun' -battery op Seinheuwel in Kaapstad byeen te kom om 07h00. Lesers word hartlik uitgenooi om te kom deel in hierdie erediens - bring asb jou kampstoel of kombers saam asook 'n fles koffie om die mooi uitsig mee te geniet. Vir meer inligting oor die erediens, kontak Allan Scott – atscotties@telkomsa.net Vir verdere agtergrondinligting oor die stapnetwerk is beskikbaar op die webtuiste - www.christianhikingnetwork.com