Jannie du Toit vier sy veertig jaar van passie vir Afrikaanse musiek met `n landswye konserttoer wat die halfpadmerk uiters suksesvol verby is. Met `n kombinasie van humor, erns en nostalgie neem Onderweg die gehoor op `n musiekreis met liedjies in verskillende tale geskryf deur onder andere Brel, Brecht en Koos du Plessis - natuurlik ook van Jannie se eie liedjies en die wat hy saam met Christa Steyn geskryf het. Die inhoud wissel van spottery oor onderwerpe soos die ouderdom en Afrikaanse liedjies tot by ernstige nadenke en stemmingsvolle werk. Kaartjies is R100 elk, Sat. 9 Jun, 19:00, Laerskool Helderkruin. Sop en sjerrie ingesluit! Ten bate van die Wesrandse Vereniging vir persone mer gestremdhede.