My ultimate lewensmotto is Koos du Plessis se wyse woorde: "Wat ek is, is net genade en wat ek het, is net geleen." Dis 'n gedagte wat my altyd nederig hou. Maar ek maak ook elke Oujaarsaand 'n nuwe motto op - 2009 s'n is die 3 G's en die 3 L'e. "Mag GOEDHEID, GUNS & GENADE my vanjaar vergesel in my LIEFDE, LEWE & my LOOPBAAN."