Soul of Fire: beeld die spaanse kunslied en die passie van Zarzuela sowel as die sensuele Tango en haar ritmes uit en maak deel uit van die siel van Spanje en Latyns Amerika . Die smeulende stem van Zanne Stapelberg tesame met die briljante Kathleen Tagg, op klavier, passievolle strykers en wilde perkussieklanke, is die inspirasie vir hierdie vertoning ‘n fantasie wat voortvloei vanuit die Zarzuela klanke sowel as die klassieke, Opera, Tango, Jazz, Flamenco en volksmusiekstyle.