Die Universiteit van Pretoria bied die week van 24-28 Mei 2010 sy vierde Winterskool aan op die Hatfieldkampus. Hier kan jy kers opsteek oor die skryf van poësie, prosa, drama en draaiboeke. Riana Scheepers gaan werk met die prosagroep en Joan Hambidge met die digtersgroep. Ander skrywers betrokke is Antjie Krog, Chris van Wyk, Rachelle Greeff, Deon Opperman, P J Haasbroek, Jeanette Ferreira, Veronique Tadjo en Henning Pieterse. Die Winterskool is in Afrikaans en Engels en jy kan self kies in watter taal jy wil skryf.

As jy die week wil meemaak, sal jy moet spring. Daar is net 50 plekke beskikbaar. Dit kos R5 000 en sluit koffie en tee, middagetes en twee onthale in. Navrae aan: prof. Henning Pieterse by henning.pieterse@up.ac.za; 012 420 4194 of mev. Seittie du Plessis by seittie.duplessis@up.ac.za; 012 420 4862.

Gaan skryf!