Lang ente se stap deur die Kalahari of Namakwaland in blommetyd doen wondere vir
jou siel. Staptoerleier LizetteOlwage van EcoVentures vertel:

"Dis 'n ervaring soos min. Die omgewing
waarin jy stap, bring jou terug aarde toe, weg van luukshede en stadsgeruis. Lang ente is dit
net jy, die natuur en jou gedagtes. Jou lewe begin voor jou afspeel - daar is hoekoms en waaroms en dan komdie absoluut onbeskryflike gevoel van vrede. Stappers begin hul tog dikwels emosioneel getap, maar die natuur het 'n manier om elkeen te gee wat hy nodig het. Soms is die stilte vreesaanjaend, jy's bang om alleen met jou eie gedagtes te wees, maar ná 'n paar dae dink jy aan absoluut niks en dis waar die heling en die vernuwing inkom. Sommige mense sê die stappery is selfs beter as 'n oorsese reis of 'n psigiater . . ."
-SARIE Maart 2011 bl.184