Die meeste van ons het iets wat ons graag sou wou verbloem wanneer ons grimering aanwend. Met Bobbi Brown het jy 'n keuse tussen 2 soorte verbloemers: 'n Ligter een wat lig weerkaats en wondere verrig om donker kringe om jou oë te verberg, en 'n romerige een wat geformuleer is om die vel goed te bedek en egalig te laat vertoon.

1. Verbloem jou donker kringe

Dis net die antwoord vir moeë oë! Dié verbloemers het óf 'n pienk óf 'n perskekleurige ondertoon om só enige skaduwees onder die oë te neutraliseer. Tik dit aan voordat jy jou romerige verbloemer aanwend. Bobbi Brown se nuutste formule is langwerkend en "verlig" donker kringe sonder dat dit in die voutjies onder die oog gaan lê. Dié verbloemer word ook met velopknappers gekombineer om die delikate dele onder die oog te vertroetel. 2. Jou gemaklike romerige verbloemstel 'n Moet-hê in jou grimeersakkie is Bobbi Brown se Creamy Concealer-stel. Die boonste houertjie bevat 'n romerige verbloemer wat maklik meng en donker kringe opkikker. Dit help ook om die vel se vogvlakke te handhaaf en sorg só vir 'n egalige afwerking. In die onderste houertjie is daar poeier wat die verbloemlagie afrond en sorg vir 'n langdurige effek.

Bobbi Brown