1. Skep ’n basis vir ooggrimering met ’n mat, beenkleurige oogskadu.
  2. Volg met ’n dun lagie warm goud bo-oor die beenkleur.
  3. Wend dan ’n sagte lila op die ooglid aan.
  4. Gebruik donkerpers onder die oog en in die vou om diepte te skep.
  5. Omlyn bo en onder met swart omlyner.
  6. Rond af met vals wimpers (as jou eie kort is) en swart maskara.