Marinade

Bestandele:

160ml olyf olie

15 ml roosmaryn

30 ml tiemie

30 ml pietersilie

1 brand rissie ontpit

3 knoffel huisies

45ml rooi wyn asyn

15 ml paprieka

gemaalde swart pepper

800 tot 1000kg steak (gebruik goeie snit soos rump of rib eye)

Metode:

1. Verhit die olyf olie in 'n klein pannetjie op stoof tot redelik warm.

2. Kap al die vars kruie, knoffel en brandrissie fyn en plaas in glas meng bak saam met die asyn en paprieka.

3. Gooi die warm olie by die kruie mengsel, meng alles deur en laat staan vir 'n half uur om te trek.

4. Plaas steak in groot genoeg bak dat daar net een laag is en gooi oor 2/3 van die marinade. Maak seker die vleis is oral bedek daarmee. Bedek met kleef plastiek en laat marineer in yskas vir 3-4 ure.

5. Maak 'n swaar boom pan baie warm en braai steak na smaak - min of meer 3 minute aan 'n kant vir medium as die steak so 3 cm dik is. Onthou om net een keer te draai.

6. Verwyder steak uit pan en plaas op warm bord en laat rus vir 3 minute. Sny in repe en gooi growwe sout en die 1/3 marinade wat terug gehou is daaroor.

Bedien met ciabatta brood en boontjie slaai.

Fraanse boontjie slaai

Bestandele:

500 tot 600 g lang groen bone

1 ui

2-3 ryp tamaties

45ml olyf olie

sout en gemaalde swart pepper

Metode:

1. Sny ui in helfde en dan elke helfde in baie dun half maantjies. Plaas eenkant.

2. Sny die tamaties op maar nie te fyn. Plaas eenkant.

3. Verhit die olyf olie op medium hitte en voeg opgesnyde ui by. Laat stadig braai, die ui moet sag word, nie bros nie. Voeg die tamaties saam met sout en pepper by die ui en laat stadig prut terwyl jy die boontjies bewerk. Sny die punte van die boontjies af en as baie lank sny in helfde. Die idee is eger nie om die boontjies fyn op te sny nie maar redelik lank te laat.

4. Proe eers of die tamatie en ui mengsel genoeg sout en pepper het en voeg nog by indien nodig. Voeg dan die boontjie by.

5. Prut vir omtret 10 minute maar niks meer nie, die boontjies moet nog effe krakerig wees. Proe weer of sout en pepper voldoende is.

6. Bedien by kamer temprateur / koud saam met die steak (of enige ander gereg of op sy eie saam met brood om al die lekker sous op te vee).

Lekker eet!!!!!

Sien ander resepte