Het jy al ooit in Afrikaans gedroom?
"Ja, ek word soms wakker in Afrikaans." - Stef Bos, Belgiese sanger en liedjieskrywer (Bron: Die Burger)

*Stef Bos se vertoning, Stillewe, is 6 April by die KKNK op die planke. Hierin staan sy verhouding met die Afrikaanse kultuur sentraal - sy waarnemings as buitestander en sy liefde vir die taal wat uit dieselfde buik as sy ma se taal kom.
Ook word sy nuutste boek, met dieselfde titel, op dié fees bekend gestel. Stillewe (Stilleven), 'n boek waarin woord en beeld ontmoet, is in samewerking met die Suid-Afrikaanse beeldende kunstenaar Varenka Paschke geskryf. Dit word op 7 April om 12:00 in die Neelsie-teater op die KKNK bekend gestel.

Klik hier om jou kaartjies te bespreek.