Die perfekte happie op ’n stokkie. Eet dit

sommer met die hand.

24 rolletjies

• 24 steurgarnale, skoongemaak en

doppe verwyder

• 24 hout-kebabstokkies

• 45 ml gerookte paprika

• 12 velle Chinese-rolletjie-deeg

(spring roll) (kyk by supermark se

bevrore-deeg-afdeling)

• 1 eier, liggies geklits

TAMATIESOUS

• 45 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 45 ml tamatiepasta

• 500 g kersietamaties, gehalveer

• 3 takkies tiemie

• 60 ml bruinsuiker

• 100 ml rooiwyn

• sout en varsgemaalde swartpeper

• sonneblomolie vir diepbraai

Ryg garnale op houtstokkies, stertkant eerste. Sprinkel paprika oor. Sny

deegvierkante in helfte. Sit elke garnaal so 1 cm van die onderpunt van ’n

deeghelfte sodat die stokkie na links uitsteek. Vou lang kant van deeg van

regs oor garnaal (sowat 1 cm) en rol van onder af stewig op.Verf punt met

geklitste eier en druk stewig vas.

Tamatiesous Verhit olyfolie in middelslag- pot tot warm. Voeg ui en knoffelby. Roerbraai vir 5 – 8 minute of tot begin verbruin. Voeg tamatiepasta by en braai nog 2 minute.Voeg tamaties, tiemie, suiker en rooiwyn by. Verlaag hitte en laat prut vir 20 – 25 minute of

tot daar ’n lekker dik, geurige sous is. Geur goed met sout en peper.Verhit

sonneblomolie in groot pot tot warm. Plaas kebabs in olie en diepbraai vir

5 – 6 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sit warm

voor met tamatiesous.