Van al die plat stewels is die rystewel 'n móét-hê. Kyk uit vir jóú gunsteling in Winter 2009 se asemrowende skakerings van bruin - van taankleur tot donkerbruin. Rond dié informele voorkoms af met 'n saalhandsak. Rystewels van kunsleer (R580 elk), Gino Paoli. Taankleurige saalhandsak van kunsleer (R399), Gino Paoli. Beskikbaar by boetieks. Vir meer inligting, skakel Gino Paoli se hoofkantoor: 021 931 6131