Jy kan die vis ’n dag voor die tyd in die krummelmengsel doop en in die yskas

hou. Maak dit dan gaar net voor jy dit wil voorsit. Vir ’n gesonder opsie, bak

die vis in die oond.

genoeg vir 6

  • 500 ml fyn polenta
  • 15 ml gemengde gedroogde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 eiers, geklits
  • 6 stokvisfilette, ontdooi
  • 6 broodjies van jou keuse, middeldeur gesny
  • 55 g (60 ml) sagte botter
  • 30 g slaaiblare van jou keuse
  • 1 wit-ui, in ringe gesny4 tamaties, in skywe gesny
  • sonneblomolie vir vlakbraai
  • 125 g-houer tartaresous (sien bl. 142)

Meng polenta met kruie en geur goed met sout en peper. Gooi geklitste

eier in plat bak en doop visfilette in eier. Bedek met polenta-krummels

en herhaal die proses nog een keer. Sny broodjies in helfte en smeer

met botter. Verdeel slaaiblare tussen broodjies en pak op een helfte, gevolg

deur paar skywe uie en tamatie. Verhit sonneblomolie in pan tot

warm en vlakbraai die gekrummelde filette – sowat 5 – 8 minute per kant

of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en plaas filette op

broodjies met slaai. Skep tartaresous oor en plaas ander helfte van broodjie

bo-op. Sit voor.