"40 is soos 'n wedergeboorte. Dis asof ek uiteindelik in myself 'ingegroei' het en alles vir die eerste keer inmekaar pas. Ek ervaar die vrymoedigheid om eerlik met myself te wees oor wat ek wil en nie wil doen nie." - Suzette van der Merwe, voormalige Mej. SA en kommunikasiekundige.