LYK SOOS SUZETTE

1. Rond wenkbroue perfek af met Revlon ColorStay Brow Enhancer (R110). Die getinte waks definieer en set hulle en die aksentkleur beklemtoon jou oë.

2. Revlon ColorStay 12 Hour Eye Shadow in Azure Mist (R135) bly vars vir tot 12 uur en verdof of smeer nie.

3. Pamperlang jou naels met Revlon-naellak in Crushed Crimson (R84,95).

4. Warm en sensueel, maar ook koel en misterieus – die twee fasette van Fire & Ice deur Revlon (R209,09).

5. Lang rok met sweetheart-halslyn en koordblomme by die nek (prys op aanvraag), Tik Lee, 011 884 0019.

 

Suzette kan énige tyd op die rooi tapyt loop.

Die manier hoe sy beweeg, haarself projekteer. Sy’s toeganklik omdat sy ’n kwesbaarheid én sterkte het. - Fotograaf Leana Clunies-Ross

 

Kom kuier agter die skerms van haar voorbladsessie + kry jou September-uitgawe vanaf 10 Augustus.