Kreatiewe ontwerpers het dit in die 50's versier met kant en in die 90's opgehelder met blinkers. By formele glansgeleenthede, op kantoor of by knus, klein partytjies is dié nommertjie, soos enige sportmotor, iets vir die oog - en enige kleur is reg, solank dit swart is! Want 'n netjies passende swart rok vertoon áltyd vleiend.

Die ontwerper Elbeth Gillis, bekend vir haar trourok-ontwerpe, stel nou 'n reeks van agt klein swart rokkies bekend - en dit word gemaak om jóú lyf te pas. Die LBD Collection is beskikbaar by Elbeth Gillis.

Kontak haar by 021 462 2220 of gaan na www.elbethgillis.co.za