Jy het nog nie ’n rom com soos hierdie gesien nie. Dít is die gevoel onder almal wat aan Sy Klink Soos Lente werk. Verwag iets tussen School Of Rock en 500 Days of Summer met Johannesburg op sy mooiste as die agtergrond. O, en natuurlik ’n klomp werktuigkundiges, karre en kitare!

Is jy al nuuskierig?

Sy Klink Soos Lente gaan oor ’n motorwerktuigkundige (Stiaan Smith) wat sy baas se dogter (Amalia Uys) in ’n kroeg raakloop. Hy word onkant gevang deur haar sjarme, en vertel haar hy’s in ’n band. In sy kop is die volgende logiese stap om dan ’n band te begin. Hy en sy vriende van die werkswinkel span talente saam in ’n poging om haar hart te wen.

sy klink soos lente FOTO: Werner Botha van Plastiek Wilson Dunster, James Cunningham, Stiaan Smith en Bennie Fourie. FOTO Werner Botha van Plastiek

Groot name soos Amalia Uys, Stiaan Smith (wat jy onlangs in Vir Altyd gesien het), Pietie Beyers, James Alexander, Bennie Fourie, Wilson Dunster, James Cunningham, Darren Kelfkens, Bouwer Bosch, Tina Kruger en Elize Cawood is in die rolverdeling.

sy klink soos lente FOTO: Werner Botha van Plastiek FOTO Werner Botha van Plastiek

Corné van Rooyen, bekend vir Hollywood in my huis, is die regisseur en die film word vervaardig deur Bouwer Bosch, Danie Bester, Rachelle Crous, Stiaan Smith en Tina Kruger.

Bouwer sê:

"Verwag die lekkerste en mooiste Afrikaanse songs en verwerkings. Die musiek in Sy Klink Soos Lente gaan mense van vooraf verlief maak op Afrikaanse musiek."

sy klink soos lente FOTO Werner Botha van Plastiek Amalia Uys sê:
"Ek het absoluut verlief geraak op die storie en die karakters. Sy Klink Soos Lente is beslis nie jou alledaagse Afrikaanse romantiese komedie nie."

Kyk die lusmaker hier

Kyk hier na agter-die-skerm-foto's

Sy Klink Soos Lente word op 30 September 2016 uitgereik. SARIE is ’n mediavennoot.

Lees nou

Die nuwe Afrikaanse fliek Sy Klink Soos Lente

Agter die skerms op die Sy klink soos lente -stel – Deel 2

Agter die skerms op die Sy klink soos lente -stel

Bouwer Bosch gee sneak peek agter die skerms by ‘Sy Klink Soos Lente’