My pa het selfmoordgepleeg toe ek 8 jaar oud was. Hy het aan bipolere depressie gelei en het my ma ook baie agressief behandel. Dit is al 16 jaar na my pa se selfmoord maar dit is soms steeds n bitter pil om te sluk. Ek sukkel vandag om mans te vertrou. Ek weet almal is nie dieselfde nie en ek weet nie of ek my "trust issues" op my pa se gedrag kan blammeer nie maar ek kry altyd daardie prentjie in my kop dat mans n mens stief kan behandel. Soos ek ouer raak mis ek my pa veral as ek dink dat ek eendag gaan trou en my pa nie daar gaan wees om my af te sien nie. Dit laat my baie keer voel dat n man nie lief kan wees vir my nie. Dat almal jou altyd sal agter los.